Woord vir Vandag - 20 Sep 2025

Loading player...
“Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle as Christene verwag.” 1 Tessalonisense 5:18 NLV

Redes om dankbaar te wees (1)

Dis ‘n gekompliseerde proses om asem te haal. . Dit vereis fisiologiese presisie en die gemiddelde persoon haal ongeveer drie-en-twintigduisend keer per dag asem. Terwyl ons geneig is om God vir alles wat ons asem wegslaan te dank, moet ons Hom miskien ook vir al ons ander asems bedank. Pastoor Ed Dobson is in 2000 met motorneuronsiekte gediagnoseer, ‘n degeneratiewe siekte wat geen bekende oorsaak het nie en terminaal is. Dobson deel sy voortdurende stryd om dankbaar te wees terwyl hy met ‘n ongeneeslike toestand leef, en skryf: ‘Daar is baie dinge waarvoor ek nie dankbaar is nie! Ek kan nie meer my hemp toeknoop nie. Ek kan nie meer ‘n baadjie aantrek of my regterhand bo my kop lig nie. Ek kan nie meer skryf of met my regterhand eet nie. Ek eet met my linkerhand en selfs dit word nou ‘n uitdaging. Mettertyd gaan hierdie uitdagings erger word. Waarvoor in die wêreld moet ek dus dankbaar wees? Daar is so baie. Here, dankie dat U my vanoggend wakker gemaak het en dat ek nog in die bed kan omdraai. Dankie dat ek nog uit die bed kan opstaan en dat ek badkamer toe kan stap. Dankie dat ek nog my tande kan borsel en ontbyt kan eet. Dankie dat ek nog self kan aantrek, dat ek nog my kar kan bestuur en dat ek nog kan loop. Dankie dat ek nog kan praat. Ek het geleer om op die dinge wat ek kan doen, eerder as op die dinge wat ek nie kan doen nie, te fokus. Ek het geleer om vir die klein dingetjies in die lewe en vir die baie dinge wat ek nog kan doen, dankbaar te wees.’ Wat het jy waarvoor jy dankbaar kan wees? ‘Wees in alle omstandighede dankbaar…’
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min