Woord vir Vandag - 19 Sep 2025

Loading player...
“’n Dubbelsinnige man is onbestendig in al sy weë.” Jakobus 1:8 KAB

Moenie dubbelsinnig wees nie

Moenie dubbelsinnig wees en op twee verskillende maniere gelyktydig probeer dink nie. Ons gaan byvoorbeeld kerk toe om ‘…die wysheid wat van Bo kom…’ (Jakobus 3:17 NLV), te ontvang, maar die oomblik wat ons by die kerk uitstap, ontvang ons wêreldse wysheid en probeer om die twee te kombineer. Dit werk egter nie. Jy kan nie petrol en diesel meng nie. Net omdat altwee vir voertuie bedoel is, beteken dit nie dat dit sal werk nie. As Christene, woon ons Sondae kerk by om petrol vir die week te kry en Maandag gaan ons in die wêreld uit en kry diesel. Dan wonder ons hoekom ons so hard moet werk terwyl ons so moeg is. Kom ons illustreer dit as volg: Daar is AM- en FM-frekwensies op ons radio’s wat van mekaar verskil en apart van mekaar is. Wanneer jy in ‘n motor ry, kies jy na watter een om te luister; jy kan nie na albei op dieselfde tyd luister nie, al is beide beskikbaar. Die Bybel sê: ‘Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. Maar, as ‘n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. Hy is iemand wat nie tot ‘n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie’ (Jakobus 1:5-8 NLV). God reageer op ‘n geloof wat eensgesind en op sy Woord gefokus is. Die woord vir jou vandag is dus – moenie dubbelsinnig wees nie!
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min