Woord vir Vandag - 18 Sep 2025

Loading player...
“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word…” Jakobus 5:16 NLV

Erken jou foute en tekortkominge

Ons maak almal foute, beoordeel kwessies verkeerd en maak op een of ander stadium ‘n gemors van dinge. Ons is almal mense. Die waarheid is egter dat foute een van die belangrikste maniere waarop ons leer en wyser word, is. As gevolg van ons vrees om gekritiseer te word of aansien te verloor, probeer ons egter dikwels om ons foute weg te steek. Die enigste werklike ramp wat deur foute veroorsaak kan word, is as jy nie iets daaruit leer nie. Wanneer jy versuim om ‘n fout te erken, blokkeer dit jou pad na groei. Luister na die woorde van die Here toe Hy die Israeliete vermaan het om uit hulle foute te leer: ‘Jeremia, gaan sê vir hulle wat Ek, die Here sê: As mense val, staan hulle dan nie weer op nie? Of as hulle agterkom hulle is op ‘n verkeerde pad, draai hulle nie terug nie?’ (Jeremia 8:4 NLV). Dis ‘n verligting en ‘n inspirasie vir ander mense wanneer jy jou foute kan erken, sonder om daardeur gedefinieer en ontspoor te word. Omstandighede en ander mense mag dalk ons besluite beïnvloed het, maar op die ou einde is elkeen van ons vir ons eie dade verantwoordelik. Wanneer ons ‘n fout maak, kies ons hoe ons daarop gaan reageer. Die beste benadering om ‘n fout te hanteer, is om volle verantwoordelikheid te aanvaar, daaruit te leer, te besluit om dit nie weer te herhaal nie en aan te beweeg. Interessant genoeg sal mense meer aanklank by jou vind en jou meer respekteer wanneer jy in staat is om jou eie swakhede te erken. Dit stel hulle vry om dieselfde te doen. Nederigheid is een van die eienskappe wat mense respekteer; trots word – selfs deur ander trotse mense, verag.
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min