Woord vir Vandag - 17 Sep 2025

Loading player...
“Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense.” Romeine 12:18 NLV

Betoon genade in frustrerende tye

Die skrywer Chuck Swindoll sê dat hy toe hy ‘n jong man was, hy nie kon verstaan hoe twee mense wat die Here liefhet en die in Bybel glo, tot verskillende gevolgtrekkings kon kom nie: ‘In my kleinlike denke was ek oortuig dat alle goddelike gedagtes identiese gevolgtrekkings sou maak. Ek het vinnig geleer dat daar nie net verskillende opinies was nie, maar dat God mense wat die vermetelheid gehad het om van my te verskil, seën. God se gedagtes is nie naastenby so eng soos baie van sy mense nie. God is baie makliker om mee saam te leef, baie meer verdraagsaam en bewys baie meer genade en vergifnis as enigeen van ons.’ Om genade in frustrerende tye te betoon, moet jy hierdie twee dinge verstaan en aanvaar: 1) Mense se opinies en oortuigings sal dikwels van joune verskil. Ja, jy moet nooit Bybelse waarhede en jou kernwaardes prysgee nie, maar dit kos niks om taktvol en genadig eerder as krities en bytend te wees nie. Dit is veral waar wanneer konfrontasie en korreksie vereis word. Paulus skryf: ‘…wanneer iemand iets doen wat verkeerd is, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp…’ (Galasiërs 6:1 NLV). 2) Daar is waarde in ander mense se perspektiewe. Baie van ons het in ‘n huis grootgeword waar reg en verkeerd teen mekaar afgespeel word; waar die persoon wat ‘reg’ is geprys word, terwyl die persoon wat ‘verkeerd’ is, berispe word. Dit is jammer, want oor die algemeen is dit nie ‘n ‘ek-is-reg-en-jy-verkeerd’-kwessie nie maar eerder ‘n ‘ek-sien-dit-so-en-jy-sien-dit-anders’-kwessie. Voordat jy dus oorlog maak, moet jy jouself afvra wat die belangrikste is: die behoefte om hierdie persoon te korrigeer, of om gemeenskaplike grond met hulle te vind.
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min