Woord vir Vandag - 16 Sep 2025

Loading player...
“…Om egter die houe te vat wanneer julle goeddoen, dít is iets besonders voor God.” 1 Petrus 2:20 NLV

Klim op die bus!

Wonder jy vandag: ‘Waarom moet ek hierdeur gaan?’ Want God stel meer in jou karakter as jou gemak belang! Patsy Clairmont skryf: ‘Jason, ons jongste, het twee doelwitte in die lewe. Die een is om pret te hê en die ander is om te rus. Hy doen albei baie goed. Ek moes dus nie verbaas gewees het oor wat gebeur het toe ek hom een herfsdag uit die huis stuur om vir die skoolbus te wag nie. Ek het met my werk begin toe daar skielik ‘n klop aan die deur is. Ek het die voordeur oopgemaak, net om Jason op die voorstoep te sien. ‘Wat maak jy hier?’ het ek gevra. ‘Ek het besluit om nie meer skool toe te gaan nie,’ het hy aangekondig. ‘Ophou skool toe gaan?’ het ek in ongeloof op ‘n desibelvlak te hoog vir menslike ore, herhaal, Ek het een keer gesluk en probeer onthou wat die kenners sê mens in sulke gevalle moet doen. Al wat egter by my opgekom het, was: ‘’n Pak slae op sy tyd is soos brood en konfyt,’ en ‘Buig die boompie terwyl hy nog jonk is.’ Dit was egter nie heeltemal van toepassing op die dilemma van ‘n sesjarige wat besluit het dat hy nie meer skool toe gaan nie. Dus het ek hom gevra: ‘Hoekom het jy besluit om op te hou skool toe gaan?’ Sonder om te huiwer het hy geantwoord: ‘Want dis te lank, dit is te moeilik en dit is te vervelig!’ ‘Jason,’ het ek dadelik teruggekap, ‘jy het so pas die lewe beskryf. Gaan klim op die bus!’’ Die Bybel sê: ‘…Om egter die houe te vat wanneer julle goeddoen, dít is iets besonders voor God.’ As jy jouself vandag in ‘n moeilike situasie bevind, wees bly – God lei jou vir groter en beter dinge op! Klim dus op die bus!
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min