Woord vir Vandag - 15 Sep 2025

Loading player...
“Hoe kan ‘n jongmens ‘n skoon lewe lei? Deur gehoorsaam te wees aan u woord.” Psalm 119:9 NLV

Die Bybel help ons om versoeking te oorkom (5)

Wanneer ons aan versoeking toegee, is dit maklik om ander mense en ons omgewing te blameer. ‘Vroue trek deesdae te uitlokkend aan… Mans is te seksueel aggressief… Die media is te eksplisiet.’ Hierdie stellings mag dalk waar wees, maar help ons nie om die versoeker se werkswyse te oorkom nie. Satan, ons vyand, het nie sy werkswyse verander nie. Dit werk steeds omdat die menslike natuur nie verander het nie. Dawid het op ‘n pynlike manier geleer dat dit nie Batseba se badroetine was wat sy ondergang veroorsaak het nie. Hy het verantwoordelikheid vir sy gedrag geneem en gebid: ‘Want ek ken my oortredings en my sonde is gedurig voor my. Teen U, U alleen het ek gesondig; ek het gedoen wat vir U verkeerd is…’ (Psalm 51:5-6 NLV). Let twee belangrike lesse wat Dawid geleer het op: 1) Hy het ontdek dat mens vergifnis, herstel en vryheid ontvang deur jouself te bekeer en verantwoordelikheid vir jou dade te neem. 2) Hy het ook geleer dat die manier om beheer oor jou wellustige natuur te neem in gereelde tyd wat jy met God se Woord bestee, gevind word. Jy kan dit nie op eie houtjie doen nie. ‘Hoe kan ‘n jongmens ‘n skoon lewe lei? Deur gehoorsaam te wees aan u woord.’ God se antwoord is nie geheimsinnig of moeilik om te verstaan nie. Sy universele oplossing is: ‘Deur gehoorsaam te wees aan u woord.’ Dawid se nuwe gesindheid en reinheid van hart het uit die beoefening van hierdie waarheid gespruit: ‘Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie’ (Psalm 119:11 NLV). Dis ‘n formule vir oorwinning wat ook vir jou sal werk.
29 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min