Woord vir Vandag - 14 Sep 2025

Loading player...
“…Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie.” Galasiërs 5:16 NLV

Die Bybel help ons om versoeking te oorkom (4)

Wellus is vir ons so natuurlik soos asemhaal. Ons vleeslike aard wil altyd sy selfsugtige begeertes vervul. Dit kry nooit genoeg nie en wil altyd meer hê. Aan die ander kant, smag ons nuwe natuur na dit wat die Heilige Gees, wat in ons verloste gees leef, bevredig. Ons is meer vertroud met die aantrekkingskrag van die vlees omdat ons dit al ons hele lewe lank ondervind. Ons verstaan die dringendheid, die aantrekkingskrag en die beheer daarvan. Wanneer ons egter tyd en energie in wat die Heilige Gees behaag belê, ervaar ons die vervulling en krag wat die Gees alleenlik kan meebring. Paulus sê vir ons: ‘…Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie,’ en ‘Ek is dankbaar teenoor God wat ons, omdat ons één is met Christus, altyd saamneem in sy triomftog. Deur ons versprei Hy die aangename geur van sy kennis op elke plek’ (2 Korintiërs 2:14 NLV). Daar is ‘n manier om bo die swaartekrag van die vlees te leef, ‘n manier wat die konstante siklus van nederlaag/bekering/nederlaag verhoed. Ja, God is ‘n God van vergifnis en herstel wat die opregte belydenisse uit die harte van sy volk aanvaar en al ons oortredings vergewe (Sien 1 Johannes 1:9). ‘Oorvloedige lewe’ beteken egter om in vreugde en oorwinning te leef. Wanneer jy in die vlees lewe, leef jy in ooreenstemming met die bevele van jou menslike natuur. Wanneer jy egter in die Gees lewe, lewe jy in ooreenstemming met die leiding van die Heilige Gees, soos dit in God se Woord uiteengesit word. Gevolglik sal jy ‘…glad nie aan die begeertes van [jou] sondige geaardheid toegee nie.’
29 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min