Woord vir Vandag - 12 Sep 2025

Loading player...
“U woord is ‘n lamp vir my voete en ‘n lig op my pad.” Psalm 119:105 NLV

Die Bybel help ons om versoeking te oorkom (2)

Die patriarg Job het gesê: ‘Ek het my plegtig verbind om nie na ‘n meisie te kyk en haar te begeer nie. (Job 31:1 AFR83). Job kon, net soos ons, nie sy omgewing en versoekings beheer nie. Tog kan ons ‘n waardevolle les uit Job se woorde leer. ‘n Verbond is ‘n belofte wat in goeder trou gemaak word met die doel om dit na te kom. Dit is ‘n geloofstap waaraan jy jou verbind voordat jy weet watter omstandighede jy sal teëkom, soortgelyk aan ‘n huweliksverbond. Die Bybel sê vir ons: ‘…die regverdige sal uit die geloof lewe’ (Romeine 1:17 AFR53). Ons selfsugtige natuur stry teen die nakoming van God se gebooie; daarom gee die Heilige Gees wat in ons woon ons alles wat nodig is om sukses te behaal. As jy wag totdat jy sterk genoeg voel om jou verbond met God te eerbiedig, sal dit nooit gebeur nie. As jy dit egter deur geloof maak, deur jou eie swakheid te erken, sal die Heilige Gees die krag verskaf wat jy nodig het om dit na te kom! Sy verbond, wat in geloof gemaak is, het Job in staat gestel om te sê: ‘Ek het myself belowe dat ek nooit na ‘n jong meisie sal kyk om haar te begeer nie’ (Job 31:1 NLV). Is dit dan nie beter om eerder nie ‘n verbond te sluit nie, as om een te maak en dit te verbreek nie? Nee, omdat al ons mislukkings deur Christus se bloed bedek word. ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV). Bekering bring vergifnis en ‘n nuwe begin mee!
29 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min