Woord vir Vandag - 11 Sep 2025

Loading player...
“Die woord van God is vol lewenskrag en energie… Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese…” Hebreërs 4:12 NLV

Die Bybel help ons om versoeking te oorkom (1)

Dit voel asof daar deesdae oral versoekings is. Ons jongmense word gebombardeer deur beelde wat standaarde van ordentlikheid en selfbeheersing verwar, verlei en afwater. ‘n Wyse en toegewyde tagtigjarige pastoor is gevra op watter ouderdom seksuele versoeking nie meer ‘n kwessie is nie. Sonder om te huiwer het hy geantwoord: ‘Dit moet iewers na tagtig wees!’ Die waarheid is, as jy asemhaal - is jy kwesbaar! Dit eindig ook nie daar nie. Navorsing toon dat ‘n groeiende aantal vroue in die maklik toeganklike wêreld van verleidelike literatuur, flieks en video's, verstrik raak. Wilskrag, internetfiltrering en persoonlike aanspreeklikheid is waardevol en kan help. Dit alleen sal egter nie bevryding teweegbring of genesing van die morele wonde wat deur die Vyand toegedien word, verskaf nie. Ons moet almal op ‘n paar Bybelverse wat ons beskerming bied, ag slaan. Jesus het gesê: ‘Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle, elke man wat met ‘n wellustige oog na ‘n ander vrou kyk, het al klaar in sy hart egbreuk gepleeg’ (Matteus 5:27-28 NLV). Die eerste stap is om te verstaan dat wellus vernietigend is en Skriftuurlik verbied word. Jesus praat nie hier van ‘n vinnige blik nie. Hy praat van ‘n verlangende kyk wat begeerte aanblaas en tot sonde lei. Dit impliseer ‘n proses, eerder as ‘n vlietende gedagte. Dit is dus duidelik dat ‘n blik wat onregmatige passie opwek, ons wekroep moet wees om die Heilige Gees aan te roep om ons te help om sonde te weerstaan en in reinheid te wandel.
28 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min