Woord vir Vandag - 9 Sep 2025

Loading player...
“Hulle het gedink dat Hy by ander familielede en vriende was…” Lukas 2:44 DB

Moenie aanneem dat jou kinders ‘okay’ is nie

Die Bybel sê: ‘Elke jaar het Jesus se ouers Jerusalem toe gegaan om die paasfees te vier. Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle oudergewoonte weer soontoe gegaan. Toe die fees verby was, het hulle teruggekeer na Nasaret. Jesus het egter in die tempel agtergebly, maar sy ouers het dit nie agtergekom nie. Hulle het gedink dat Hy by ander familielede en vriende was wat ook op pad terug was. Eers nadat hulle ‘n dag lank op die pad was, het Jesus se pa en ma na Hom begin soek’ (verse 41-44 DB). Die verhaal het ‘n gelukkige einde, omdat Jesus se ouers Hom gekry het. Dit draai egter nie altyd so uit nie. Moenie aanneem dat jou kinders ‘okay’ is nie. Hulle het deesdae toegang tot dwelms, gewere en pornografie via die internet, waar hulle ook ‘n pedofiel kan ontmoet. Dit moet jou bekommer. Jesus het gesê dat die Satan kom om ‘…te steel, dood te maak en te vernietig…’ (Johannes 10:10 NLV). Moenie hom naby jou gesin toelaat nie. Nadat hy van demone bevry is, wou ‘n man saam met Jesus as een van sy dissipels reis. Jesus het egter gesê: ‘Nee, gaan terug na jou familie toe en vertel vir hulle al die wonderlike dinge wat God vir jou gedoen het’ (Lukas 8:39 NLV). As jy tans op die pad van sukses is en jou gesin verwaarloos, draai om! Gaan terug na die mense wat die meeste saak maak. Wy jouself daaraan toe om slegs die reis te onderneem as dit hulle insluit. Bid saam met die Psalmdigter: ‘Ek wil my daaraan toewy om opreg te lewe… In my huis wil ek lewe met ‘n opregte hart’ (Psalm 101:2 NLV). Moenie aanneem dat jou kinders ‘okay’ is nie – maak seker dat hulle is.
28 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min