Woord vir Vandag - 7 Sep 2025

Loading player...
“Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na… Jy sal dan sukses behaal op jou pad…” Josua 1:8 NLV

Die belangrikheid van goeie denke (2)

As jy jou lewe wil verander, moet jy hoe jy dink en waaraan jy dink, verander. Wanneer jy aan die verkeerde dinge dink, beweeg jou lewe in die verkeerde rigting. Wanneer jy egter aan die regte dinge dink, beweeg jou lewe in die regte rigting. 1) Dis nie maklik om jou denke te verander nie. Dis nie outomaties nie en dit gebeur nie vanself nie. As jy ‘n goeie idee wil ontdek, moet jy op die uitkyk daarvoor wees. As jy jou denke wil verbeter, moet jy daaraan werk – en wanneer jy ‘n beter denker word, sal goeie idees aanhou kom. 2) Om jou denke te verander verg toewyding. Albert Einstein het gesê: ‘Dis harde werk om te dink, dis hoekom so min mense dit doen.’ Mense wat dink dat goeie denke maklik is, het dikwels nie goeie denkwyses nie. Die media, die kultuur en die mense rondom jou sal jou denke beïnvloed, tensy jy besluit om vir jouself te begin dink. 3) Wanneer jy jou denke verander, bring dit groot belonings mee. Paulus skryf: ‘…Óns kan hierdie dinge egter verstaan, want ons is ingestel om soos Christus te dink’ (1 Korintiërs 2:16 NLV). Wanneer jy die gedagtes van God jou eie begin maak, is jou potensiaal onbeperk. Goudmyne droog op. Aandelemarkte daal skielik. Eiendomsbeleggings versleg. ‘n Verstand wat egter deur die Gees en Woord van God getransformeer word, is soos 'n diamantmyn wat nooit leeg word nie. Dit is van onskatbare waarde.
28 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min