Woord vir Vandag - 6 Sep 2025

Loading player...
“Want soos hy in sy hart dink, so is hy…” Spreuke 23:7 KAB

Die belangrikheid van goeie denke (1)

Goeie denkers is altyd in aanvraag. Hoekom? Omdat hulle probleme oplos, altyd idees het wat ‘n organisasie kan opbou en omdat hulle altyd hoop vir ‘n beter toekoms het. Goeie denkers bevind hulself selde onder die beheer van slegte denkers. Adolf Hitler het een keer gespog: ‘Wat ‘n geluk is dit nie vir heersers dat mense nie dink nie.’ Diegene wat die tegniek van goeie denke bemeester, kan hulself handhaaf – selfs onder ‘n onregverdige heerser of in ander uitdagende omstandighede. Goeie denkers is suksesvol. Dr John Maxwell skryf: ‘Ek het suksesvolle mense vir veertig jaar lank bestudeer en alhoewel die diversiteit onder hulle verstommend is, het ek gevind dat hulle almal op een manier eenders is: hoe hulle dink! Dit is die een ding wat suksesvolle mense van onsuksesvolles onderskei. Die goeie nuus is egter dat jy kan leer om soos suksesvolle mense te dink. As jy jou denke kan verander, kan jy jou lewe verander!’ Die Bybel stel dit so: ‘Want soos hy in sy hart dink, so is hy…’ Dit beteken dat jy nooit hoër op in die lewe sal beweeg as jy nie jou denke verander nie. As jy die manier waarop jy dink verander, kan dit jou lewe verander! Dis moeilik om die waarde van denke wat verander, te oordryf. Goeie denke kan verskeie dinge vir jou doen, insluitend om nuwe geleenthede te laat realiseer, probleme op te los en inkomste te genereer. Dit kan jou na ‘n hele nuwe vlak, beide professioneel en persoonlik, lei. Paulus skryf: ‘...beplan alles wat... lofwaardig is... Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees’ (Filippense 4:8-9 NLV). Wil jy jou lewe verander? Die eerste stap is om jou denke te verander.
28 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min