Woord vir Vandag - 5 Sep 2025

Loading player...
“…as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God toe te gaan.” 1 Johannes 3:21 NLV

Doen altyd wat reg is

Wanneer jy wetend iets verkeerds doen, ervaar jy angs, stres en onsekerheid. ‘’Vir bose mense,’ sê die Here, ‘is daar geen vrede nie’’ (Jesaja 48:22 NLV). Wanneer jy ‘n plan van aksie kies wat onversoenbaar is met dit wat jy glo reg is, gee jy jou vrede prys. ‘n Persoon kan byvoorbeeld ‘n werk of plig aanvaar wat hulle dwing om iets teen hul geestelike oortuigings te doen, iets wat hul gewete skend. Talle mense was al in die situase waar hulle waardes gekompromitteer word, sodat hulle bevordering kan kry of ander voordele kan behaal. Vir hulle het dit destyds na hul enigste opsie gelyk. ‘Dit kan lyk of ‘n mens reg lewe. Agterna gesien is dit die pad van die dood’ (Spreuke 16:25 NLV). Dis wanneer ‘n sterk geestelike fondament nodig is. Dit verg geloof en moed om jou oortuigings toe te laat om jou gedrag en jou keuses te rig. Die waarheid is dat God op die ou einde vir jou bevordering verantwoordelik is. Sy Woord sê: ‘Want uit die ooste of weste of selfs uit die woestyn, kom daar geen verheffing nie. Maar God is die regter wat verneder of verhef’ (Psalm 75:7-8 NLV). Moenie dink dat jy uit jou eie krag reg kan optree nie. Soms is die versoeking om te manipuleer of te jok sodat jy jou loopbaan kan bevorder, net te veel om te weerstaan. Dis dan wanneer jy God se krag nodig het. Dawid het gesê: ‘…Die Here is my lewenstoevlug. Vir wie sal ek dan bang wees?’ (Psalm 27:1 NLV). Bid die volgende: ‘Vader, bewaar my asseblief dat ek nie in versoeking kom nie en verlos my van die Bose. Help my om te doen wat reg is.’
27 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min