Woord vir Vandag - 4 Sep 2025

Loading player...
“Jy moet die lewe geniet saam met die vrou vir wie jy lief is. Jy moet elke dag van jou lewe geniet…” Prediker 9:9 ABA

Hulp vir jou huwelik

Die volgende definisie van liefde en die huwelik is ‘n beproefde formule wat moeilik sal wees om op te verbeter: ‘Liefde is vriendskap wat vlam gevat het. Dit is stille begrip, wedersydse vertroue en vergifnis. Dis lojaliteit deur goeie en slegte tye. Dit is tevrede met minder as volmaaktheid en maak voorsiening vir menslike swakheid. Liefde is tevrede met die hede, hoop vir die toekoms en weier om oor die verlede te tob. Dit is dag na dag se irritasies, probleme, kompromieë, klein teleurstellings, groot oorwinnings en saamwerk na gemeenskaplike doelwitte. As jy liefde in jou lewe het, kan dit vergoed vir baie dinge wat jy kort.’ Die Bybel sê: ‘Jy moet die lewe geniet saam met die vrou vir wie jy lief is. Jy moet elke dag van jou lewe geniet… Dit is God wat vir jou elke dag gee… want dít is wat jy kry terwyl jy lewe en hard werk in hierdie wêreld.’ As jy jou huwelik wil laat werk, moet jy hierdie vyf reëls volg: 1) Moet nooit albei op een slag kwaad wees nie en moet nooit skree nie - tensy die huis aan die brand is. 2) Gee teenoor mekaar toe. As jy moet kies om jouself of jou maat goed te laat lyk - kies altyd jou maat. 3) Verwaarloos eerder die hele wêreld as mekaar en moet nooit ‘n dag eindig sonder om ten minste een kompliment vir die een vir wie jy lief is, te gee nie. 4) Verwelkom mekaar altyd met liefde en moet nooit kwaad bed toe gaan nie. 5) Wanneer jy ‘n fout maak, erken dit en vra om vergifnis. Aangesien God met die idee van die huwelik vorendag gekom het, bid en vra Hom vir hulp met joune. Hy sal dit doen!
27 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min