Woord vir Vandag - 3 Sep 2025

Loading player...
“…Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het gaan gebeur.” Jeremia 1:12 NLV

Die Woord aan die werk

Martin Luther het oor die krag agter die Hervorming gesê: ‘Ek het eenvoudig onderrig, gepreek en God se Woord geskryf; ek het niks anders gedoen nie. Die Woord het dit alles gedoen.’ Later, toe Luther oor sy predikingsfilosofie uitgevra is, het hy bygevoeg: ‘Ek het net die Bybel in die gemeente in gegooi en die Woord het die werk gedoen!’ Ons kan baie met ons woorde bereik. Wanneer ons byvoorbeeld iets per telefoon bestel, word ‘n ketting van gebeure aan die gang gesit en mettertyd word dit wat ons bestel het, afgelewer. Woorde veroorsaak aksie. Dit is veral waar wanneer dit by God se woorde kom. Hy het gesê: ‘…Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het gaan gebeur.’ God werk deur sy woorde. Kyk na die volgende woorde: ‘Maar Ek bevestig die woorde van my profete… wanneer hulle van Jerusalem sê: ‘Dit sal herbou word,’ en van die stede van Juda: ‘Hulle sal opgebou word.’… Wanneer Ek vir die see sê: ‘Droog op!’... Vir die tempel sal hy sê: ‘Die fondamente moet herstel word’’ (Jesaja 44:26-28 NLV). Dinge gebeur wanneer God praat en dinge gebeur wanneer mense die woorde wat God reeds gesê het, praat. Wonderbaarlike dinge gebeur in diegene wat ontvang wat God sê, naamlik: ‘…Gód se woord. Dié woord is aan die werk in julle wat glo’ (1 Tessalonisense 2:13 NLV). God se Woord verfris ons, genees ons, gee ons wysheid en onderskeidingsvermoë, bring vir ons vreugde en blywende hoop deur ons geestelik gesond te maak, verhoed dwaasheid en waarsku ons van naderende gevaar en beloof beide aardse en hemelse belonings, wanneer ons sy beginsels gehoorsaam.
27 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min