Woord vir Vandag - 2 Sep 2025

Loading player...
“…Hy het volgehou…” Hebreërs 11:27 NLV

Jy het te ver gekom om nou op te gee!

V. Raymond Edman het gesê: ‘Om deur eksterne kragte verskeur te word en steeds ‘n mens se innerlike integriteit te bewaar, is om dissipline te handhaaf wat blywend is.’ Wanneer jy dus teenstand ondervind, gooi jy outomaties die handdoek in, of hou jy, soos Moses, vol? Chuck Swindoll karakteriseer Moses as ‘n man: ‘wat geweier het om in te gee of op te gee, wat besluit het dat niks hom sou oortuig om oor te gee nie. Hy het die veragting van farao, die hardkoppigheid van die Hebreërs wat gemor, verwyt, gekla en in opstand gekom het en die kritiek van Mirjam en Aäron, sy eie suster en broer, verduur. Toe tien van die twaalf spioene terugkom en sê dat hulle nie die Beloofde Land moet binnegaan nie, het Moses vasgestaan. Toe Korag en Datan en Abiram ‘n sameswering teen hom gevoer het, het Moses vasbeslote gebly. ‘…na die hele geveg verby is, sal julle nog vas staan’ (Efesiërs 6:13 NLV). Wanneer dit lyk of die goddeloses besig is om te wen, in tye van krisis, wanneer niemand sal weet dat jy verkeerd optree nie, wanneer volwassenes minagtend is en kleinlik optree - staan vas, hou vol, verduur! Moenie wankelrig raak of na jou kritici begin luister nie. Moenie in klein areas begin toegee omdat jy moeg is nie. Moses het volgehou – tot die einde van sy lewe. Hoe het hy dit gedoen? Deur op God te fokus. Hy het sy hart en siel op die Een wat regverdig oordeel, gevestig. Hy het homself voortdurend daaraan herinner dat sy enigste doel was om Hom te behaag, te gehoorsaam en te verheerlik en om ten alle koste sy goedkeuring te verkry.’ Wat jy ook al in die gesig staar, staan sterk en moenie moed opgee nie!
27 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min