Woord vir Vandag - 1 Sep 2025

Loading player...
“Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê…” 1 Petrus 4:8 NLV

Oorkom eensaamheid

Jy hoef nie alleen te wees om eensaam te wees nie. Sommige van ons is met emosioneel afwesige eggenote getroud. Sommige van ons verduur verbale en emosionele mishandeling omdat ons iemand se geselskap bo ons eie verkies. Van die eensaamste mense wat daar is, sal jy in stampvol kroeë ontmoet. Hulle mag dalk geselskap opsoek, maar daar is geen verbintenis met ander mense nie. Wat is die antwoord? 1) Raak betrokke by ‘n saak wat groter as jou selfbelang is. Nadat die Verlore Seun sy laaste geld op partytjies saam met sy sogenaamde vriende spandeer het, het hulle hom agtergelaat en hy het alleen in ‘n varkhok opgeëindig. In teenstelling daarmee, toe die dissipels as gevolg van hulle geloof vervolg is, het hulle: ‘Toe hulle losgelaat is… dadelik die ander gelowiges opgesoek…’ (Handelinge 4:23 NLV). Hulle het vriende gehad wat hulle geloof en visie gedeel het, wat geweet het hoe om saam met hulle te bid, hulle te versterk en by hulle te staan. God het sulke mense wat regstaan om deel van jou lewe te word; jy sal sommige van hulle in jou plaaslike kerk vind. 2) Oefen om ander mense te aanvaar. Wanneer jy mense net soos hulle is aanvaar en liefhet, word hulle na jou toe aangetrek. ‘Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê… Sulke liefde maak baie sondes toe’ (1 Petrus 4:8 NLV). 3) Reik uit. Begin om jou verhoudings te koester deur meer gereeld met die mense wat jy ken en waardeer, te skakel. Moenie in die Facebook/e-pos/teksboodskap-kommunikasievakuum ingesuig word nie. Die stigter van Wired Magazine sê dat sy gunsteling vorm van kommunikasie van aangesig tot aangesig is, sy tweede per telefoon en sy derde via die internet is. Volg sy voorbeeld.
27 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min