Woord vir Vandag - 31 Aug 2025

Loading player...
“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is…” 2 Timoteus 2:2 NLV

Die uitdaging om leiers te ontwikkel (3)

’n Leierskapskundige wat ‘n peiling gedoen het om uit te vind hoe mense leiers geword het, skryf: ‘Ek het mense gevra of hulle leiers geword het omdat (a) hulle ‘n leierskapsposisie gegee is; (b) daar ‘n krisis in die organisasie was; of (c) hulle gementor is. Meer as 80 persent het aangedui dat hulle leiers is omdat iemand hulle in leierskap gementor en deur die proses gelei het. As leiers is ons gewoonlik nie onseker oor die leierskapontwikkelingsproses of opleiding wat ons gee nie. Ons voel egter onseker wanneeer ons dit oorweeg om die leiers wat ons oplei, te laat gaan om self te begin lei. Dis soortgelyk aan hoe ouers oor hul kinders voel. My kinders is al groot en het hul eie gesinne, maar toe hulle tieners was, was die moeilikste ding vir my en my vrou om hulle die vryheid te gee om hul eie pad te baan en hul eie besluite te neem. Dit is skrikwekkend, maar as jy hulle nie toelaat om hul vlerke te sprei nie, sal hulle nooit leer vlieg nie. Soos ek ouer word, is my hooffunksie as spanleier om my span met leierskapseienskappe toe te rus en hindernisse uit hul pad te verwyder. Wanneer ek dit doen, word die kans al hoe groter dat hulle tot hul volle potensiaal sal ontwikkel.’ Jesus het vir sy dissipels gesê: ‘Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou…’ (Johannes 15:16 NLV). As jy blywende vrugte en resultate wil hê, moet jy die tyd neem om leiers te ontwikkel.
27 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min