Woord vir Vandag - 30 Aug 2025

Loading player...
“…Ons bekwaamheid kom van God…” 2 Korintiërs 3:5 NLV

Die uitdaging om leiers te ontwikkel (2)

‘n Leierskapskundige skryf: ‘Dit verg sterk leiers aan die bopunt van die leer om die leiers wat vir hulle werk, volle deelnemers aan die organisasie se leierskapproses te laat wees. As middelvlak leiers hulle bevraagteken, neem sterk leiers dit nie persoonlik op nie. Wanneer die leiers onder hulle idees deel, kan hulle nie bekostig om bedreig te voel nie. Wanneer mense op ‘n laer vlak as hulle risiko's wil neem, moet hulle bereid wees om hulle die ruimte te gee om te slaag of te misluk. Leierskap daag verouderde idees, ou maniere om dinge te doen en die status quo uit. Die geheim vir die ontwikkeling van nuwe leiers is om hulle die ruimte te gee om nuwe maniere te vind om dinge te doen - maniere wat beter as joune is. Beweeg meer na die agtergrond wanneer jou leiers tot hul eie reg begin kom. Probeer die rol van wyse raadgewer en hoofbemoediger aanneem. Verwelkom die begeerte van jou beste leiers om die organisasie te vernuwe en te verbeter. ‘n Oorwinning vir die organisasie is immers ‘n oorwinning vir jou. Watter rol speel jy dus in jou organisasie? Is jy ‘die kenner,’ of is jy meer ‘n raadgewer en voorstander? Vra jouself af: ‘Verskaf ek ‘n omgewing waar mense vrae kan vra, idees kan deel en risiko’s kan neem?’’ As jou doel is om God se koninkryk te bou, kan jy die antwoord op hierdie vraag in God se Woord vind: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het…’ (verse 5-6 NLV).
27 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min