Woord vir Vandag - 29 Aug 2025

Loading player...
“…As God aan jou leierseienskappe gegee het, hanteer dit met toewyding…” Romeine 12:8 NLV

Die uitdaging om leiers te ontwikkel (1)

Daar is ‘n tweevoudige uitdaging om leiers te ontwikkel. 1) Opkomende leiers wil baie keer leiding neem voordat hulle werklik gereed is. 2) Potensiële leiers kan slegs volwasse leiers word wanneer hulle toegelaat word om hul inisiatief te ontwikkel en uit te oefen. Hoe gebeur dit? Deur goeie tydsberekening! Paulus skryf: ‘Moet nooit oorhaastig ‘n ouderling aanstel nie…’ (1 Timoteus 5:22 NLV). Weer skryf hy: ‘’n Ouderling moet nie ‘n onlangse bekeerling wees nie, want as hy so gou gekies word, kan hy dalk verwaand raak, en die duiwel sal dié verwaandheid gebruik om hom tot ‘n val te bring’ (1 Timoteus 3:6 NLV). Hier is dus die uitdaging: As jy die tydsberekening deurjaag, omseil jy die groeiproses, maar as jy leiers terughou wanneer hulle gereed is om te beweeg, inhibeer jy hul groei. Iets wat jou kan help om die tydsberekening reg te kry, is om te identifiseer of jou mentaliteit een van gebrek of oorvloed is. As jy dink dat jy ‘n onvoldoende hoeveelheid hulpbronne en ‘n beperkte aantal geleenthede het, kan jy huiwer om jou leiers risiko's te laat neem - omdat jy dalk glo die organisasie nie foute kan bekostig nie. As jy egter dink dat geleenthede onbeperk en God se hulpbronne hernubaar en oneindig is, sal jy meer geneig wees om risiko's te neem. Dink terug: Hoe het jy ‘n leier geword? Deur ondervinding en deur foute maak – nie waar nie? Dis hoe ander mense ook tot leiers ontwikkel! Die Pulitzer-prys-bekroonde skrywer Garry Wills het gesê: ‘Leiers gee insae oor waarheen hulle op pad is. ‘n Leier wat dit stil hou, bevind hom gou sonder volgelinge.’ Dit verg ‘n sterk leier om ander aan die proses te laat deelneem en te laat ontwikkel.
27 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min