Woord vir Vandag - 28 Aug 2025

Loading player...
“Ek brei my liggaam en dissiplineer dit…” 1 Korintiërs 9:27 NLV

Jy moet oefen

Fisiese oefening versterk jou immuunstelsel sodat jy hartsiektes, kanker, diabetes, vetsug, hoë bloeddruk, skildklierwanfunksie, verswakte geheue en ‘n magdom ander kwale kan beveg. Die beste soort oefening is die een waarvan jy hou en die gerieflikste is. Hier is die twee grootste redes waarom ons nie ‘n oefenprogram konsekwent volg nie: Eerstens verloor ons belangstelling daarin omdat ons nie veel bevrediging daaruit kry nie. Tweedens verg dit te veel tyd of moeite. Of jy nou ‘n vinnige stappie neem of ‘n hoë-energie fiksheidsklas bywoon, amper enige fisiese aktiwiteit sal jou liggaam laat ontspan en jou weer energie gee. Oefen ten minste dertig minute per dag, ‘n minimum van vyf dae per week. Paulus som vir ons die sleutel tot sukses in een woord op: dissipline. ‘Ek brei my liggaam en dissiplineer dit om werklik bruikbaar te wees…’ (vers 27 NLV). Fisiese oefening kan jou ook help om stres te verminder, gewig te verloor en dit af te hou en beter oor jouself te voel. As jy nie tyd vir ‘n amptelike oefensessie het nie, probeer om oefening geleidelik in jou leefstyl in te sluit. Parkeer verder van die winkel af, sodat jy verder tot daar moet loop. Neem die trappe, eerder as om met die hysbak te ry. As verloste kind van God is daar ‘n baie belangrike rede om fisies fiks te bly: ‘Of verstaan julle nie dat julle liggame ‘n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon… nie?.. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik’ (1 Korintiërs 6:19-20 NLV). Bid die volgende: ‘Here, help my om gereeld ‘n vorm van fisiese oefening te doen.’
27 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min