Woord vir Vandag - 27 Aug 2025

Loading player...
“Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.” Psalm 118:24 NLV

Net vir vandag

Wanneer dit moeilik gaan en jy in die versoeking kom om oor jou lot in die lewe te kla, stop en herinner jouself dat vandag ‘n gawe van God is, een wat jy nooit weer sal oorhê nie. Dink aan die volgende woorde wat jou sal help: Net vir vandag sal ek elke uur ten volle ervaar en geniet en nie al my probleme op een slag probeer oplos nie. Net vir vandag sal ek my kennis probeer verbreed deur iets nuuts te leer; ek sal iets lees wat inspanning, dinkwerk, konsentrasie en toewyding verg. Net vir vandag sal ek aangenaam wees. Ek sal probeer om op my beste te lyk, sag te praat en hoflik en bedagsaam teenoor ander te wees. Net vir vandag sal ek nie probeer foutvind of enigiemand anders as myself probeer verbeter nie. Net vir vandag sal ek ‘n plan en ‘n doelwit hê. Ek sal dit dalk nie presies volg nie, maar ek sal nietemin een hê. Deur dit te doen, sal ek myself van twee vyande - haas en besluiteloosheid – red. Net vir vandag sal ek my karakter ontwikkel. Ek sal iets goeds doen en dit vir myself hou; as enigiemand daarvan uitvind, tel dit nie. Net vir vandag sal ek iets doen waarvoor ek nie lus is nie. Sodoende sal ek my gees oefen om my vlees te oorheers en my wil om my emosies te oorheers. Net vir vandag sal ek nie bang wees om lief te hê of te waag nie; ek sal poog om al God se seëninge te geniet en glo dat elke saad wat ek in sy koninkryk saai, vermenigvuldig na my toe sal terugkom. Dis hoe ek sal lewe – net vir vandag!
26 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min