Woord vir Vandag - 26 Aug 2025

Loading player...
“Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal…” Romeine 8:37 NLV
Geroep om te oorwin (3)
Het jy al van die beginsel van superkompensasie gehoor? ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Wanneer ‘n atleet verby die drumpel van pyn en uitputting gedruk word, oorkompenseer die liggaam. Hoe meer ‘n spier afgebreek word, hoe meer bou dit weer op. Die tweehonderd-en-ses bene in die liggaam gaan voortdurend deur ‘n proses wat hermodellering genoem word. Hulle word deur osteoklaste afgebreek en deur osteoblaste opgebou. Die proses van hermodellering word intensiewer wanneer ‘n been breek. Ekstra osteoblaste help om die been te herbou. Daar is ‘n tydperk van swakheid waar die been meer kwesbaar vir ‘n herbesering is. Daarom dra ons gips. Die been is egter sterker as wat dit was om mee te begin, omdat die liggaam oorkompenseer. Baie selde breek ‘n been twee keer op dieselfde
plek, omdat die been dikker en sterker is as wat dit voor die breuk was. Amper soos ‘n gebreekte been wat herstel moet word, breek God ons waar ons gebreek moet word. God verbreek die trots en wellus en woede in ons lewens, maar Hy doen dit om ons na sy beeld te hervorm. Sodra ons genees, is ons sterker as wat ons was. Paulus skryf: ‘Aan julle is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly’ (Filippense 1:29 NLV). Ons is geneig om lyding as ‘n noodsaaklike euwel te sien, maar Paulus noem dit ‘n goddelike voorreg.’ Miskien is God besig om jou te hervorm. Miskien sal die probleem wat jy gedink het jy nooit sal oorkom nie, jou effektiefste bediening word.
25 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min