Woord vir Vandag - 25 Aug 2025

Loading player...
“…Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof.” 1 Johannes 5:4 NLV
Geroep om te oorwin (2)
‘n Pastoor moedig ons aan: ‘Die psigoanalis, Alfred Adler, het ‘n fassinerende navorsingsprojek oor die teorie van kompensasie van stapel gestuur. Hy het kunsstudente bestudeer en ontdek dat sewentig persent van hulle aan optiese afwykings ly. Hy het degeneratiewe afwykings in die ore van groot
komponiste soos Mozart en Beethoven gevind. Hy het talle voorbeelde van mense wat op die gebied van hul grootste swakheid uiteindelik suksesvol geword het, aangehaal. Adler het geglo dat geboortedefekte, armoede, siekte en negatiewe omstandighede dikwels die springplank tot sukses is. God wil jou teëspoed gebruik en dit in ‘n bediening verander. Mense gaan deur ‘n pynlike egskeiding,
of die dood van ‘n kind, of ‘n vernietigende verslawing, maar God help hulle om uit die put te klim sodat hulle ander in soortgelyke omstandighede kan help. Een van die verlammendste foute wat ons maak, is om te dink dat ons probleme ons op een of ander manier diskwalifiseer om deur God gebruik te word. Niemand rol die rooi tapyt uit en nooi tragedie in hul lewens in nie, maar ons grootste gawes
en passies is dikwels die neweproduk van ons ergste tragedies en mislukkings. Beproewings het ‘n manier om ons te help om ons doel in die lewe te herontdek.’ Die probleme waardeur jy met God se hulp geworstel het, word ‘n platform waarop jy kan staan en ander mense kan bedien. ‘God, die Vader van ons Here Jesus Christus, word geprys! Hy is die Vader van meelewing en die God wat in elke opsig bemoedig. In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het’ (2
Korintiërs 1:3-4 NLV)
24 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min