Woord vir Vandag - 23 Aug 2025

Loading player...
“…God… het immers vir hulle ‘n stad voorberei.” Hebreërs 11:16 NLV
Burgers en pelgrims
Daar is ‘n verhaal oor ‘n Amerikaanse toeris wat die huis van ‘n negentiende-eeuse Poolse rabbi besoek het. Die toeris was verbaas om dit so karig ingerig te vind. Die leefarea, ‘n eenvoudige kamer vol boeke, het ‘n tafel en ‘n bankie bevat. Toe die toeris die rabbi vra: ‘Waar is al jou meubels?’ het hy
geantwoord: ‘Waar is joune?’ Die toeris het geantwoord: ‘Wat bedoel jy? Ek is ‘n besoeker. Ek is net tydelik hier.’ ‘Ek ook!’ het die rabbi geantwoord. Ons almal is net tydelik hier. In werklikheid is Christene burgers van die hemel wat met ‘n ompad via die aarde huis toe gaan. ‘Ons daarteenoor het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Redder’ (Filippense
3:20 NLV). Vir die verloste kind van God behoort die hemel ‘n ingesteldheid te wees; ‘n manier van dink en leef. Paulus skryf: ‘Aangesien julle saam met Christus opgewek is, mik in dié lewe na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge... Julle het mos saam met Christus gesterf en julle lewe is saam met Hom veilig by God weggesteek’ (Kolossense 3:1-3 NLV). Die hemel is ons Noordster. Laat sy skoonheid jou verbeelding aangryp, sy waardes jou gedrag bepaal, sy vreugdes jou smart verlig en sy almagtige
Koning jou lewenslange aanbidding ontvang! Die hemel behoort vir ons ‘n lewensveranderende waarheid te wees. Ons is nie hier om te bly nie. Ons is pelgrims op reis, met ‘n heerlike bestemming waar ons die ewigheid in ons Vader se huis gaan deurbring (sien Johannes 14:2). Ons is op pad na ons Ewige Huis
22 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min