Woord vir Vandag - 22 Aug 2025

Loading player...
“…ek het die wedloop voltooi…” 2 Timoteus 4:7 NLV
Moenie bang wees om oud te word nie
Voordat hy vir sy geloof ter dood veroordeel is, het Paulus geskryf: ‘Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. En nou wag die prys vir my: die lourierkrans van geregtigheid wat die Here, die regverdige Beoordelaar, my sal gee op die groot dag van sy wederkoms…’ (verse 7-8 NVL). Tot op die oomblik wat hy tereggestel is, het Paulus aangehou om waarhede, wat die wêreld sou verander, te skryf. Hy het nooit gesê: ‘Ek gee op!’ nie. Het hy rede gehad om op te gee? Natuurlik, hy is deur sy vyande vervolg en deur sy vriende verlaat. Wat het hom aan die gang gehou? Die visie wat in sy hart gebrand het (sien Handelinge 26:19). Solank as wat jy ‘n visie het, sal jy nooit ‘oud’ wees nie. Om die vrees vir veroudering te oorkom, moet jy die volgende doen: 1)
Handhaaf ’n gesindheid van geloof en verwagting. Solank jy glo dat die beste dae nog voor jou lê, doen hulle! (2) In plaas daarvan om oor die goeie ou dae obsessief te raak, soek maniere om nuwe herinneringe te maak. Probeer byvoorbeeld om jou vakansie op verskillende maniere, op verskillende
plekke en met verskillende mense te vier. As jy dinge wil hê wat jy nie het nie, moet jy dinge begin doen wat jy nog nie gedoen het nie. (3) Kry jou finansiële sake in orde. ‘’n Goeie mens laat iets na vir kleinkinders…’ (Spreuke 13:22 NLV). Die grootste nalatenskap is nie geld nie, maar liefde, getrouheid, integriteit en ‘n voorbeeld van ‘n goddellike lewe. As verloste kind van God, gaan jy na ‘n beter plek wanneer jy sterf – maar jou doelwit moet wees om die wêreld ‘n beter plek na te laat.
21 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min