Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

Loading player...
“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV
Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat saam aan tafel was,
was verontwaardig daaroor: ‘Hoekom hierdie verkwisting van duur olie?’ het hulle gesê. ‘Sy kon dit vir ‘n yslike bedrag verkoop het en die geld vir die armes gegee het.’ En hulle het haar uitgetrap. Jesus het hulle egter geantwoord: ‘Laat haar met rus! Waarom maak julle dit vir haar so moeilik?.. Sy het haar allerbeste vir My gedoen. Sy het my liggaam vooruit gesalf vir my begrafnis. Ek verseker julle,
waar hierdie Goeie Nuus ook al oor die hele wêreld verkondig sal word, sal daar ook gepraat word van wat sy gedoen het, en so sal sy vir altyd onthou word!’’ (verse 3-6, 8-9 NLV). Let twee dinge op wat Jesus oor hierdie vrou gesê het. 1) ‘Sy het haar allerbeste vir My gedoen’ (vers 8 NLV). Dit is ‘n teregwysing vir die trots in elkeen van ons. Ons dink as ander mense nie gaan sien dat ons iets groots
doen nie, doen ons eerder niks. Moeder Teresa het glo gesê: ‘Ons kan nie almal groot dinge doen nie, maar ons kan almal klein dingetjies met groot liefde doen.’ 2) ‘So sal sy vir altyd onthou word!’ (vers 9 NLV). Tweeduisend jaar later praat ons steeds van haar nalatenskap – barmhartigheid! Jy hoef nie gesofistikeerd, geleerd of ryk te wees om barmhartig te kan wees nie. Dien God - en ander - en jou
beloning in die hemel is verseker (sien 2 Timoteus 4:6-8 NLV)
20 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min