Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

Loading player...
“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA

Jy het genoeg (2)

Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om harder te werk deur die vernuf wat Hy jou gegee het, te gebruik. Elia was in ‘n verwoestende droogte vasgevang toe God vir hom gesê het om na die Kritspruit toe te gaan en dat kraaie vir hom daar kos sou bring (sien 1 Konings 17:1-4). Elia kon geantwoord het: ‘Here, ek is uitgeput! Kan U hulle nie hiernatoe stuur nie?’ Die Bybel sê egter: ‘Elia het gedoen soos die Here hom beveel het…’ (1 Konings 17:5 NLV). Vra vir God of daar iets is wat jy moet doen en wanneer Hy vir jou die opdrag gee, doen dit. 2) Miskien is jou gebede nie breedvoerig genoeg nie. Weet God nie reeds wat ons nodig het nie? Ja, maar Hy wil dit by jou hoor. ‘…En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie’ (Jakobus 4:2 NLV). God wil hê dat ons in gebed moet volhard: ‘En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word’ (Lukas 11:9 NLV). 3) Ons besef nie dat God op sy tyd aan ons behoeftes wil voldoen nie. Soms wag Hy sodat Hy iets groters kan doen. Lasarus was dodelik siek, maar Jesus het nie onmiddellik gereageer nie. Hy het gewag sodat Hy hom uit die dood kon opwek (sien Johannes 11:1-6, 43-44). Die Woord verseker ons: ‘…Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie’ (Psalm 84:12 NLV).
18 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min