Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

Loading player...
“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83

Die verhoogde waarde van ‘n groter doel

Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy egter ‘n speelgrond wil bou, moet daardie selfde sand in sakke gepak en vervoer word, dus kos dit meer en daarom styg die waarde daarvan. Nou kos dit wat eens gratis op die strand was, R100 per sak. Sodra dieselfde sand op ‘n stuk papier vasgeplak is, wat dit skuurpapier maak, neem die waarde daarvan weer toe. Nou is dit omtrent R50 vir ‘n stuk skuurpapier. Die waarde het toegeneem, omdat die doel daarvan verander het. ‘n Skrywer verduidelik dit verder as volg: ‘Sand bestaan uit silikondioksied. Wanneer sand verhit en verwerk word, word dit ‘n ingewikkelde deel van ‘n rekenaarskyfie wat R10 000 werd is. Wat dus eens gratis op die strand was, het nou waarde omdat dit in ‘n sak is, omdat dit op ‘n stuk papier vasgeplak is, of omdat dit deel van ‘n rekenaarskyfie wat jy skaars kan bekostig, is. Die sand is dieselfde, maar omdat dit nou ‘n groter doel het, is die waarde daarvan baie groter.’ Nadat Paulus baie oor die verskillende werke wat gedoen moes word en gawes wat in die kerk uitgeoefen moes word geskryf het, het hy gesê: ‘Lê julle toe op die beste genadegawes.’ Hoekom? Sodat die goeie wat jy doen die beste en voordeligste vir almal sal wees. Paulus skryf aan die gelowiges in Rome: ‘Want ek begeer om julle te sien, sodat ek die een of ander geestelike gawe met julle kan deel om julle te versterk’ (Romeine 1:11 AFR20). Moenie met minder tevrede wees nie; vra God vir meer – jy sal nie teleurgestel word nie.
12 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min