Woord vir Vandag - 18 Aug 2025

Loading player...
“…Ek sal… vir jou voorsê wat jy moet sê.” Eksodus 4:12 NLV

In die openbaar praat

Jy hoef nie ‘n groot spreker te wees nie; jy moet net die boodskap kan oordra. Jy hoef nie ‘n ander spreker na te boots nie; jy moet net besluit om die bes moontlike ‘jy’ te wees. Dus: 1) Moenie jouself bekommer dat jy dalk ‘n fout kan begaan nie. Die kans is groot dat jy meer oor jou onderwerp as 90 persent van die gehoor weet. As jy struikel, wat dan? Dit wys aan die gehoor dat jy mens is - net soos hulle. Mense vind dikwels meer aanklank by jou kwesbaarheid as by jou krag. Boonop ondersteun die gehoor jou en wil hulle hê jy moet slaag. 2) Fokus daarop om waarde aan die gehoor oor te dra, eerder as om hulle te probeer beïndruk. Al wat wat saak maak, is dit wat die gehoor van jou boodskap huis toe neem. John Ford, ‘n Amerikaanse filmregisseur, het dit so gestel: ‘Jy sal goed praat wanneer jou tong die boodskap van jou hart oordra.’ 3) Oefen! Oefen! Oefen! Wanneer jy jou boodskap in die spieël oefen, kan jy sien en hoor wat jou gehoor gaan sien en hoor. So kan jy verbeterings byvoeg en dienooreenkomstig regstellings maak. 4) Wanneer jy God se Woord deel, berei jou boodskap voor asof dit alles van jou afhang. Bied dit egter aan asof alles van God afhang – want dit doen! Paulus het geweet dat hy nie ‘n goeie spreker was nie en tog verander sy woorde tweeduisend jaar later steeds lewens: ‘My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God’ (1 Korintiërs 2:4-5 NLV).
12 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min