Woord vir Vandag - 16 Aug 2025

Loading player...
“Die Here is my herder, daar is niks wat my ontbreek nie.” Psalm 23:1 NLV

Jy het genoeg (1)

Spurgeon se tydgenoot, dr Joseph Parker, was ‘n pastoor by die City Temple Church in Londen. Eendag het hy na sy preekstoel gestap en hierdie vers gelees: ‘Die Here is my herder, daar is niks wat my ontbreek nie.’ Na ’n lang pouse het hy sy Bybel toegemaak, na die gemeente gekyk en gesê: ‘En vriende, dit is genoeg!’ Skriftuurlik en prakties gesproke is hy reg! Wanneer God jou herder is, kom jy niks kort nie. Selfs in die ergste omstandighede hoef jy nie bang te wees nie, want Hy is altyd by jou (vers 4 NLV). Jy geniet twee dinge waarna elke mens smag - genoegsaamheid en sekuriteit - want by God is daar geen gebrek aan vermoë of hulpbronne om vir ons in enige situasie te sorg nie (sien Filippense 4:19). Dit is die rede waarom Paulus gesê het dat hoewel hy niks het nie, hy alles besit (sien 2 Korintiërs 6:10). Die Bybel sê vir ons: ‘As God werklikwaar nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal aan die dood oorgegee het, is daar tog geen manier waarop Hy nie ook alle ander goeie dinge aan ons sal skenk nie’ (Romeine 8:32 NLV). Daar is egter ‘n paar dinge wat ons rakende God se tydsberekening moet onthou. 1) As gevolg van sy voortreflike wysheid, sal die antwoord slegs kom wanneer die tyd daarvoor reg is. 2) Totdat ons gehoorsaam aan Hom en sy opdragte is, sal die antwoord nie kom nie. 3) Geloof is deurslaggewend om die antwoord te ontvang. Jesus het gesê: ‘Daarom verklaar Ek vir julle, alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou’ (Markus 11:24 NLV).
12 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min