Woord vir Vandag - 15 Aug 2025

Loading player...
“…sal hulle wat die oorvloed van God se genade ontvang, ja, die gawe van sy regverdiging… in die lewe regeer.” Romeine 5:17 AFR20

Geregtigheid is ‘n gawe, nie ‘n beloning nie

Die Bybel sê: ‘Want as deur die oortreding van die een mens die dood deur daardie een mens begin heers het, sal hulle wat die oorvloed van God se genade ontvang, ja, die gawe van sy regverdiging, nog soveel eerder deur die een mens, Jesus Christus, in die lewe regeer’ (vers 17 NLV). Die geregtigheid wat God goedkeur en aanvaar is ‘n gawe en word op genade gebaseer. Genade is onverdiende guns by God. Probeer jy deur jou dade om geregtigheid voor God te verdien? Glo jy dat wanneer jy meer goeie dade doen, meer gee, meer bid en meer dien, dat God jou liewer sal hê en jou seën? Dit is alles goeie dinge om te doen. Geregtigheid voor God is egter ‘n gawe wat Hy vir jou gee, jy self kan dit nie verdien nie. Hoe sou jy ook weet wanneer jy genoeg gedoen het om God te behaag en geregtig voor Hom te wees? Satan sal elke geleentheid gebruik om jou te veroordeel omdat jy nooit genoeg doen nie. Wanneer dit gebeur, begin jy in die strik van skuld, veroordeling en skaamte te trap. Wanneer jy jou verhouding met God op jou eie meriete baseer, sal jy altyd te kort skiet. Wanneer jy jou geregtigheid as ‘n gawe wat deur God aan jou geskenk is omdat jy jou vertroue in Christus geplaas het sien, begin jy ‘in die lewe regeer.’ ‘Die sonde mag hoegenaamd nie oor julle heerskappy voer nie…’ (Romeine 6:14 NLV). In plaas daarvan om deur die wêreld, die vlees en die duiwel beheer te word, ‘regeer’ jy oor hulle.
12 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min