Woord vir Vandag - 14 Aug 2025

Loading player...
“…Leef saam met jou vrou in die besef dat… sy saam met jou deel in die lewe wat God as geskenk gee…” 1 Petrus 3:7 NLV

Probeer om mekaar te verstaan

Om ‘n suksesvolle huwelik te hê, moet jy verstaan dat jou maat nie net fisies nie, maar ook geestelik en emosioneel van jou verskil. Kom ons sê ‘n argument ontstaan tydens ontbyt. Na werk het hy al daarvan vergeet; hy het dit agter hom gesit sodat hy op sy werk kan fokus. Vir hom is dit verby, maar nie noodwendig vir haar nie. Sy het dit dalk oordink en verwerk terwyl sy met haar dagtake besig was. Dit het nie verdwyn nie; dis onafgehandelde sake. Na werk kom hy by die huis en daar is spanning. Hy dink: ‘Wat is die probleem?’ Sy dink: ‘Hoe kon hy daarvan vergeet het?’ Hy dink: ‘Sy dink tog seker nie nou nog oor vanoggend se voorval nie?’ Om mekaar te verstaan bring geluk mee. ‘n Man se brein funksioneer in kompartemente. Hy beweeg van familie, na werk, na ontspanning, met elke kompartement afsonderlik van mekaar. In ‘n vrou se brein skakel die kompartemente egter bymekaar. Terwyl hy by die werk is, dink sy gelyktydig aan die kinders, die argument tydens ontbyt en beplan die aandete wat sy moet maak. Die oggend se insident is dus steeds in haar gedagtes. Deur hierdie verskille te verstaan, kan sy hom kans gee om weer in die ‘familie kompartement’ te kom voor sy die kwessie ophaal. Hy kan ook besef dat sy nie onredelik is nie, maar dat sy afsluiting nodig het sodat sy weer goed oor die verhouding kan voel. Sommige dinge in die huwelik moet opgelos word, terwyl ander dinge verwerk, vergewe en vergeet moet word. As dit jou doelwit is om in harmonie met mekaar saam te leef, moet jy hierdie beginsel verstaan.
12 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min