Woord vir Vandag - 13 Aug 2025

Loading player...
“Jesus het baie sulke voorbeelde gebruik om die woord aan die mense, volgens wat hulle kon verstaan, te bedien.” Markus 4:33 NLV

Hou dit eenvoudig

As jy ernstig daaroor is om mense te bereik en hulle te onderrig, is daar twee dinge wat jy moet probeer doen: 1) Praat met hulle, nie bo-oor hulle koppe nie. ‘n Kleuter was besig om ‘n appel agter in sy pa se kar te eet. ‘Pappa,’ het hy gesê, ‘hoekom word my appel bruin?’ Sy pa het verduidelik: ‘Nadat jy die vel aan die buitekant geassimileer het, het die kernstruktuur van die appel met die atmosfeer in aanraking gekom, wat dit laat oksideer het. Sodoende is sy molekulêre struktuur aangepas en het dit in ‘n ander kleur verander.’ Na ‘n lang stilte het die seuntjie gevra: ‘Pappa, praat jy met my?’ Kan die luisteraar dit wat jy sê verstaan en gebruik? Paulus het vir die kerk in Korinte gesê: ‘Ek moes julle met melk voed, nie met vaste kos nie, want julle sou nie iets sterkers kon verteer nie. Trouens, julle is ook nou nog nie gereed daarvoor nie’ (1 Korintiërs 3:2 NLV). Jesus het ‘n punt daarvan gemaak om sy stellings so te struktureer dat die mense sy boodskap kon verstaan. Dink daaroor: Jesus was God en Hy kon ons maklik met sy kennis verstom het. Omdat sy begeerte egter was om lewens ten goede te verander, het Hy op ons vlak gebly en ‘n taal wat ons verstaan, gebruik. Jy moet leer om dieselfde te doen. 2) Sê dit oor en oor. Die grondbeginsel van onderrig is herhaling. Daar word genoem dat mense iets sestien keer moet aanhoor voordat hulle dit glo en werklik verstaan. Die vraag wat jou moet kwel is nie: ‘Wat gaan ek sê nie?’ maar: ‘Wat gaan mense van my boodskap verstaan?’
12 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min