Woord vir Vandag - 12 Aug 2025

Loading player...
“En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.” 1 Petrus 5:4 AFR83

Die vyf krone (5)

Die vyfde kroon is die kroon van heerlikheid. Petrus het geskryf: ‘As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan: Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid; ook nie deur baas te speel oor dié wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar deur ‘n voorbeeld vir die kudde te wees. En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang’ (verse 1-4 NLV). Hierdie kroon blyk van toepassing op pastore en Christelike leiers te wees. Dit beteken egter nie dat jy ‘n pastoor of amptelike leier moet wees nie. Soos een pastoor dit verduidelik: ‘Jy mag dalk die herder van ‘n klein groepie wees. Jou kudde is dalk jou familie of jou Sondagskoolklas. Die Here gee ons dikwels die verantwoordelikheid om na die geestelike welsyn van ander mense om te sien. Dis ‘n wonderlike geleentheid om Hom te dien!’ Dit bring ons by ‘n goeie vraag: Wat gaan ons met al hierdie krone doen? Openbaring 4:10-11 beskryf ‘n groot lofprysingsdiens wat gaan plaasvind wanneer ons in die hemel aankom: ‘…die 24 ouderlinge [val] in aanbidding voor Hom wat op die troon sit, neer. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê: ‘U is waardig, Here ons God, om die hemelse heerlikheid en die eer en die mag te ontvang…’ (NLV). Stel jou voor dat jy voor die Here kniel en jou kroon aan sy voete neerlê, oorweldig deur dankbaarheid vir alles wat Hy vir jou gedoen het.
7 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min