Woord vir Vandag - 8 Aug 2025

Loading player...
“…Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike.” 1 Korintiërs 9:25 AFR83

Die vyf krone (1)

Wanneer die Bybel ons hemelse beloning beskryf, word daar van krone gepraat. Kom ons kyk na elkeen en wat ons daaruit kan leer. Die eerste is die oorwinnaarskroon. ‘Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie’ (verse 25-27 AFR 83). Paulus noem dat atlete wat wil wen, aktief daarvoor moet oefen. Net so moet ons selfbeheersing oor dinge wat, alhoewel dit nie inherent boos is nie, maar ons toewyding aan God kan verswak, uitoefen. ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Soms moet ons die televisie afskakel sodat ons Bybelstudie kan doen. Ons moet vroeër in die oggend opstaan om ons dagstukkie te lees. Ons moet selfbeheersing oor dit waarmee ons ons gedagtes vul, uitoefen. Ons kan baie van vandag se televisieprogramme en rolprente – en nog te meer die materiaal wat op ons fone en rekenaars beskikbaar is – nie kyk sonder om Bybelse standaarde van persoonlike heiligheid te oortree nie. Ons kan nie ons liggame aan dwelm- of alkoholmisbruik onderwerp of toelaat dat onsedelikheid in ons verhoudings insluip nie. Ons moet ons humeure en tonge onder die beheer van die Heilige Gees hou. Ons moet op God staatmaak om ons in ons besluite om ‘n gedissiplineerde lewe te lei, te versterk.’ Die Bybel sê: ‘Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike.’ Werk om die oorwinnaarskroon te ontvang.
7 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min