Woord vir Vandag - 7 Aug 2025

Loading player...
“…Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik.” 1 Korintiërs 6:20 NLV

Skriftuurlike raad oor seks

Ann Landers skryf: ‘Geen meisie behoort haar liefde te moet bewys deur ongeoorloofde seksuele verhoudings aan te knoop nie. Enige ou wat jou vra om jou liefde te bewys, probeer jou vir die grootste, maklikste dwaas wat ooit bestaan, uitvang. Daardie ‘bewys jy is lief vir my’ gesegde is een van die vuilste truuks wat al ooit uitgedink is. Iemand wat jou werklik liefhet, wil die beste vir jou hê. Dink mooi hieroor. Hy wil hê jy moet ‘n ongeoorloofde daad pleeg, jou deug prysgee, jou selfrespek weggooi, jou kosbare reputasie vernietig, die risiko loop om swanger te raak of ‘n siekte op te doen of in groot moeilikheid beland. Word wakker! Hy wil hê wat die beste is vir hom; hy soek opwinding waaroor hy ten koste van jou kan spog. Liefde? Wie probeer vir wie flous? ‘n Ou wat ‘n meisie werklik liefhet, sal eerder sy regterarm afkap as om haar skade aan te doen. In werklikheid bewys hierdie selfsugtige individu dat hy jou glad nie liefhet nie. Wat is die voorspelbare nagevolge? Don Juan raak gou moeg vir sy speletjies. Dan los hy jou, tel sy visstok weer op en gaan vang elders ‘n ander ewe niksvermoedende vis. As hy jou liefhet, laat hom sy liefde by die altaar bewys.’ Hier is Skriftuurlike raad oor seks: ‘Het julle dan vergeet dat julle liggaam die blyplek van die Heilige Gees self is?.. Dit beteken dat julle nie julle eie baas is nie en dat julle nie maar met julle liggaam kan doen wat julle wil nie. Die Here het baie duur betaal om julle Syne te maak. God moet dus ook trots kan wees op julle liggaam - daarvoor moet julle sorg deur die manier waarop julle julle gedra’ (verse 19-20 DB).
6 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min