Woord vir Vandag - 5 Aug 2025

Loading player...
“…[julle moet] voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.” Romeine 12:10 NLV

Eer ander en God sal jou eer

Een van die ware toetse van karakter en volwassenheid is hoe jy op iemand anders se sukses reageer. Dis veral waar wanneer hulle in ‘n area waarin jy misluk het of gefrustreerd is omdat jy nie groter sukses behaal het nie, presteer. F.B. Meyer, ‘n bekende skrywer en dominee in Engeland, het een keer die volgender ervaring gedeel: ‘Dit was maklik om vir G. Campbell Morgan se sukses te bid terwyl hy in Amerika was. Toe hy egter na Engeland terugkeer en by ‘n kerk naby myne begin preek het, was dit egter ‘n ander storie. Ek het my jaloesie onderdruk en was vasbeslote om reg teenoor my vriend op te tree. My kerk het ‘n onthaal vir hom gereel en ek het erken dat indien dit nie nodig vir my was om die Sondagaand te preek nie, ek graag na hom sou wou gaan luister. My optrede teenoor hom het dus vir my reg gevoel. Die liewe Here het my egter uit my moeilikheid gehelp. Charles Spurgeon het by die kerk aan die een kant van my kerk gepreek, en G. Campbell Morgan het by die kerk aan die ander kant van myne gepreek. Hulle was beide so populêr en het sulke groot skares gelok dat ons kerk die oorloop van mense kon bedien. Ons kerk was propvol.’ Maak nie saak hoe goed jy iets doen nie, daar sal altyd iemand anders opdaag wat dit beter doen. Hier is dus jou opsies: Vergelyk jouself met hulle, kompeteer met hulle, kritiseer hulle of komplimenteer hulle en werk saam met hulle. Dis wat Paulus bedoel het toe hy geskryf het: ‘As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer’ (vers 10 NLV).
4 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min