Woord vir Vandag - 4 Aug 2025

Loading player...
“...Ek het juis hiervoor aan jou verskyn om jou as my dienskneg en getuie aan te stel…” Handelinge 26:16 NLV
Vind jou lewensdoel
In bofbal probeer die vanger die kolwer se aandag aftrek. By een geleentheid, toe dit Yogi Berra se beurt was om te vang, het Hank Aaron opgedaag om te kolf. Yogi het begin: ‘Hank, jy hou die kolf verkeerd vas. Die woorde op die kolf moet na jou kant toe kyk.’ Yogi het aangehou: ‘Jy beter seker maak jy hou die kolf reg vas. Jy moet die woorde op die kolf kan lees.’ Hank het nie ‘n woord gesê nie. Hy het net die volgende bal oor die middelveldheining geslaan. Hy het rondom die basisse gehardloop, die tuisbasis bereik en na Yogi Berra gekyk en gesê: ‘Ek het nie hierheen gekom om te lees nie, ek het gekom om te wen.’ Dit is noodsaaklik om te weet hoekom jy hier is. Deesdae sê mense dat hulle hulself probeer vind. So ‘n soektog is nutteloos. Soos een pastoor sê: ‘As jy nie weet wie jy is nie, hoe weet jy waarna om te soek? Hoe sal jy weet wanneer jy dit gekry het, aangesien jy nie weet waarna jy soek nie? Broodroosters vind nie hulself nie. ‘n Broodrooster moet eenvoudig net doen wat die vervaardiger vir hom in gedagte gehad het.’ Paulus het ‘n bonatuurlike ervaring op die Damaskuspad gehad toe Christus vir hom gesê het: ‘…Ek het juis hiervoor aan jou verskyn om jou as my dienskneg en getuie aan te stel. Jy moet vertel hoedat jy My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien’ (vers 16 NLV). Om jou lewensdoel te vind, moet jy met God as jou verwysingspunt begin. Hy het jou gemaak; Hy het jou verlos; Hy het ‘n plan vir jou lewe - en Hy sal dit aan jou openbaar.
3 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min