Woord vir Vandag - 2 Aug 2025

Loading player...
“Doen jou bes om jou werk so te doen dat God trots sal voel op jou…” 2 Timoteus 2:15 DB
‘n Woord aan gegradueerdes
Gegradueerde, hier is elf lesse om jou te bemagtig en jou te inspireer: 1) Jy is hier vir ‘n rede en die belangrikste is om hierdie rede te ontdek. 2) Volg jou passie. Jy mag dalk nog nie weet wat dit is nie, maar maak dit jou missie om dit uit te vind. 3) Alhoewel jy dalk van ‘n maatskappy se produkte hou, beteken nie noodwendig dat jy dit sal geniet om vir die maatskappy te werk nie. 4) Moenie net bedank omdat die werk moeilik is nie. Bedank omdat jy diep binne-in jou weet dat daar iets anders is wat jy veronderstel is om te doen, of dat jy nie besig is om die werk of jouself te verbeter nie, of omdat jy weet dat jy nie meer veronderstel is om daar te wees nie. 5) Leer uit elke ervaring. Elke werk berei jou voor vir die werk waarvoor jy gebore is. 6) Jou huidige werk mag dalk nie jou hoogste doelwit wees nie, maar dit kan as ‘n wegspringplek daartoe dien. 7) Wees diensbaar waar jy ook al werksaam is. Om in mindere mate diensbaar te wees, bied jou geleenthede om in groot mate te dien. 8) Jou droomwerk is dikwels nie die een waarvan jy gedroom het nie. Ons beland gereeld in merkwaardige loopbane buite die grense van ons grade. 9) Die pad om jou doelwit te bereik is met uitdagings, oorwinnings, ompaaie, doodloopstrate en uitstel gesaai. Bly hoopvol en getrou. 10) Jy mag dalk iets onmiddellik wil hê, maar wanneer dit gebeur het, sal jy reg wees daarvoor? 11) Saad val op die grond sodat dit vir ‘n groter doel gebruik kan word. Plant jouself en laat jouself vir ‘n oes, wat ander sal bevoordeel, gebruik word.
1 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min