Woord vir Vandag - 29 Julie 2025

Loading player...
“…sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees.” Efesiërs 3:17 NLV
Die behoefte aan verbintenis
Ongelukkig word die woord fellowship dikwels met ongemaklike byeenkomste by die kerk, waar mense tee drink en geforseerde gesprekke voer, geassosieer. Paulus beskryf fellowship en verbondenheid egter as ‘in God se liefde gewortel en gegrondves wees.’ Wanneer ‘n boom sy wortels in die grond indring, neem dit voedingstowwe en water op en die boom groei en kry lewe. Net so word ons gewortel en ons siele deur die liefde van God en ander mense gevoed. Wanneer ons met iemand ‘n ware verbintenis vorm, ervaar ons dit fisies en emosioneel. Wanneer daar ‘n uitruiling van opregte omgee plaasvind, word die wortels van jou siel gevoed. Ons floreer wanneer ons met God en mense verbind is en ons kwyn wanneer ons geïsoleerd is. Emosioneel geïsoleerde mense is meer geneig tot depressie, angs, eensaamheid, lae selfbeeld, middelmisbruik, seksuele verslawing en probleme met eet en slaap. Een gedragskenner skryf: ‘Verbintenis help nie net om ons te maak wie ons is nie; dit help om te bepaal wie ons as individue word. In beide gevalle is menslike verbintenis, geestesgesondheid en emosionele welstand onlosmaaklik met mekaar verbind.’ Selfs diere wat geïsoleer is, ervaar meer intensiewe arteriële sklerose. Een skrywer skryf: ‘’n Vriend van my het ‘n hond en ‘n kat gehad wat tien jaar lank baklei het. Toe sterf die kat… en die hond wou nie meer eet nie. Ses weke later is hy dood.’ Dit is net ‘n klein illustrasie van die krag van verbintenis. Dit beteken nie dat jy jouself moet dwing om ‘n ekstrovert te word nie. Sommige van die skaamste mense het die diepste vriendskappe omdat hulle lewensverrykende verhoudings identifiseer, daarby aansluit, floreer en teruggee. Dit is wat God jou ontwerp het om ook te doen.
28 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min