Woord vir Vandag - 28 Julie 2025

Loading player...
“Waar daar geen gesig is nie, vergaan die volk…” Spreuke 29:18 KAB23
Wanneer jy mismoedig voel
Die woord ‘vergaan’ roep beelde van agteruitgang en verval, soos vrugte wat van binne begin vrot, op. Op watter spesifieke dag verlaat passie ‘n huwelik, of verloor ‘n werker belangstelling in ‘n werk wat hom eens opgewonde gemaak het? Soos lug wat stilweg uit ‘n band ontsnap, kan dit wat bedoel was om ons te ondersteun en ons na ons doelwit te dryf, skaars meer beweeg. As dit is hoe jy nou voel, lees hierdie belofte en laat dit diep in jou hart wortel skiet: ‘Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die magtelose sterk. Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. Baie jongmense struikel en val. Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie’ (Jesaja 40:29-31 NLV), Die groot apostel Paulus het vir sy bewonderaars gesê: ‘…Ons is mense, net soos julle…’ (Handelinge 14:15 NLV). Ons is almal van dieselfde gebrekkige material gemaak. Daarom het ons elke dag God se krag en genade wat nuut aan ons geskenk word, nodig (sien Klaagliedere 3:22-23). Wat moet jy dus doen as jy mismoedig voel? Twee dinge. Eerstens, as jy fisies moeg is - rus. Tweedens, dink aan hoe God se familie funksioneer en hou op om jouself te isoleer. Die Bybel sê: ‘Help ander gelowiges wat swaarkry…’ (Galasiërs 6:2 NLV). Jy het in die verlede vir ander gegee - nou moet jy die genade en nederigheid hê om van hulle te ontvang. Reik uit. Gebruik jou kontakte. Begin God se Woord lees. Luister na opbouende musiek en vul jou ruimte met lofprysing. Wanneer jy hierdie dinge doen, sal jou fokus verander en jou geloof begin groei.
27 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min