Woord vir Vandag - 27 Julie 2025

Loading player...
“…Jy hanteer die saak nie reg nie. Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie…” Eksodus 18:17-18 NLV
Stres jy te veel?
Die Bybel sê: ‘Die volgende dag moes Moses weer as regter vir die volk optree. Hulle het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tou gestaan. Toe Moses se skoonpa sien hoe Moses met die volk werk, vra hy vir hom: ‘Hoekom doen jy alles self? Die mense staan die ganse dag vir jou en wag!’ Moses het sy skoonpa geantwoord: ‘Die volk kom na my toe om te hoor wat die Here sê. As daar ‘n geskil is tussen twee partye, gee ek uitspraak. Ek sê vir die volk wat God besluit het en wat God wil hê.’ Sy skoonpa sê toe vir Moses: ‘Jy hanteer die saak nie reg nie. Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie…’’ (verse 13-18 NLV). Moses was tot op breekpunt gestres. Die Latynse woord vir ‘stres’ beteken om ‘styf getrek te word.’ Dokters sê dat dit ‘n voorloper tot beroerte en hartaanvalle is. Daar is ‘n rede waarom snelweë weegstasies het - om te verseker dat vragmotors nie meer gewig as waarvoor hulle gebou is om te vervoer, dra nie. Moses se skoonpa het vir hom gesê dat hy besig was om homself uit te put. Die Hebreeuse woord vir ‘uitput’ beteken letterlik ‘om oud te word.’ Moses was besig om voor sy tyd oud te word. As dit tans met jou gebeur: (1) verwissel ratte en begin om die vrag met ander te deel, en (2) bestee meer tyd in God se teenwoordigheid. ‘Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry… Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie’ (Jesaja 40:31 NLV).
26 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min