Woord vir Vandag - 26 Julie 2025

Loading player...
“Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon…” Efesiërs 6:8 NLV
Wanneer God jou vra om te gee
Wanneer God jou vra om iets namens iemand anders op te offer, doen dit. Dis soos om geld in ‘n hemelse spaarrekening te belê. Jy mag dit dalk nie vandag of môre nodig kry nie, maar wanneer jy doen, sal God sorg dat jy dit vermenigvuldig terugkry. Die Indiese Christelike sendeling, Sadhu Sundar Singh, en ‘n metgesel was besig om deur ‘n bergpas hoog in die Himalajas te reis toe hulle ‘n liggaam in die sneeu vind. Hulle het die liggaam ondersoek en ontdek dat die man nog net-net lewe. Terwyl Sundar begin het om die ongelukkige reisiger te help, het sy metgesel beswaar gemaak en gesê: ‘Ons sal ons lewens verloor as ons onsself met hom belas.’ Sundar kon hom egter nie indink om die man in die sneeu agter te laat, sonder om ‘n poging aan te wend om hom te red nie. Sy metgesel het hom gegroet en verder geloop. Sundar het die reisiger op sy rug gelaai en met groot inspanning – wat deur die hoë hoogte en sneeutoestande vererger is - verder gedra. Terwyl hy geloop het, het die hitte van sy liggaam die bevrore man begin warm maak. Hy het weer bygekom, en gou het hulle langs mekaar geloop, mekaar ondersteun en liggaamshitte gedeel. Nie lank daarna nie, het hulle op ‘n ander reisiger se liggaam in die sneeu afgekom en by nadere ondersoek het hulle besef dat hy reeds dood was. Jy het reg geraai. Dit was Sundar se oorspronklike reisgenoot! Wat is die les hieruit te leer? Wat jy vir ander mense laat gebeur, sal God vir jou laat gebeur! Die Bybel sê: ‘Doen julle werk entoesiasties… Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon…’ (verse 7-8 NLV).
25 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min