Woord vir Vandag - 25 Julie 2025

Loading player...
“Josef het… opgemerk dat hulle bedruk was.” Genesis 40:6 AFR83
Medelye begin met die woord ‘opgemerk’
Josef was in die tronk vir ‘n misdaad wat hy nie gepleeg het nie, wat dit opmerklik maak dat hy die tyd en energie gehad het om oor enigiemand anders om te gee. ‘’n Ruk nadat Josef in die tronk gesit is, het ‘n skinker en ‘n bakker van Egipte se koning verkeerd opgetree... Die farao… het hulle in dieselfde tronk laat sit waarin Josef opgesluit was… Josef het die volgende môre… vir die twee… gevra: ‘Waarom lyk julle vandag so bedruk?’ Hulle het hom geantwoord: ‘Ons het elkeen ‘n droom gehad en ons weet nie wat dit beteken nie...’’ (verse 1, 3, 6-8 AFR 83). Josef het hulle drome uitgelê en sodoende het die skinker sy werk in die farao se paleis teruggekry. Toe farao ‘n droom gehad het wat niemand kon uitlê nie, het die skinker hom aan Josef voorgestel. Gevolglik het Josef oor Egipte geheers en was hy in ‘n posisie om sy familie van uitsterwing te red. Uit die familie wat Josef gered het, is die Verlosser van die wêreld gebore wat jou gered het. Hierdie wonderbaarlike sameloop van omstandighede begin met drie woorde: ‘Josef het opgemerk.’ Onthou die sterwende man op die pad na Jerigo? ‘Toevallig kom daar ‘n Joodse priester verby, maar toe hy die man daar sien lê, het hy die pad oorgesteek en aan die ander kant by hom verbygegaan… Toe het ‘n veragte Samaritaan verbygekom, en toe hy die man sien, het hy hom innig jammer gekry. Die Samaritaan kniel toe langs hom, behandel sy wonde met medisyne, en verbind dit…’ (Lukas 10:31, 33-34 NLV). Jesus sluit hierdie gelykenis met die volgende woorde af: ‘…’Ja, gaan nou, en doen dieselfde’’ (vers 37 NLV). Vra dus vir God om jou te help ‘opmerk’ en vir die genade om dan te reageer.
24 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min