Woord vir Vandag - 24 Julie 2025

Loading player...
“Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen?” Amos 3:3 NLV
Hanteer verhoudingskwessies (2)
Verhoudings word op wedersydse vertroue gebou – en vertroue word op die waarheid gebou. Daar is egter maniere om die waarheid te praat wat help en maniere om die waarheid te praat wat seermaak. Jy kan die waarheid praat deur net te sê wat jy dink, sonder om die ander persoon se gevoelens in ag te neem. Of jy kan die Bybelse benadering gebruik: ‘Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei…’ (Efesiërs 4:15 NLV). Kom ons veronderstel dat ‘n paartjie baklei omdat hy altyd laat is. Hoe kan sy seker maak hy verstaan haar boodskap? Wel, sy kan vir hom sê: a) ‘Ek voel gefrustreerd.’ Geen blaam, geen aanval; net ‘n eerlike uitdrukking van hoe sy voel. b) ‘Dit voel vir my asof my tyd nie werklik vir jou belangrik is nie.’ Geen aanval nie; sy deel net haar emosies eerlik. c) ‘Kan jy in die toekoms asseblief probeer om betyds te wees of my laat weet wanneer jy hier gaan wees?’ In plaas daarvan om op sy optrede in die verlede, wat hy nie kan verander nie, te fokus, sê sy vir hom hoe sy graag sal wil hê hy in die toekoms moet optree. d) ‘Sal jy gewillig wees om dit vir my te doen?’ Geen eise nie; sy vra net vir oorweging en samewerking. Wanneer hy instem, het hulle ‘n geïmpliseerde ‘kontrak’. Sy bedank hom opreg en beloon elke poging wat hy aanwend om sy woord te hou. In werklikheid het sy pas die verhouding herbelyn deur hom ‘n bondgenoot in plaas van ‘n teëstander te maak. Sy het ook die fokus as ‘n gedeelde een, nie iets wat sy ‘aan hom doen nie!’ geherdefinieer. Soos die Bybel sê: ons kan ‘saam op reis gaan’ wanneer ons ‘afspreek om dit te doen.’
23 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min