Woord vir Vandag - 21 Julie 2025

Loading player...
“...Hulle het krag in hulle swakheid ontvang…” Hebreërs 11:34 NLV
Die geheim tot sukses
Die sogenaamde ‘geheim’ tot sukses is inderwaarheid geen geheim nie! Dis eenvoudig om weer op te staan nadat die lewe jou platgeslaan het en om die lesse wat jy geleer het, saam met jou die toekoms in te neem. Ons lees in die Bybel van helde soos Simson en Dawid. ‘Hulle het krag in hulle swakheid ontvang, was magtig in die oorlog en het vreemde leërs op die vlug laat slaan’ (vers 34 NLV). Let op dat hierdie mense nie altyd sterk was nie, maar dat hulle sterk geword het. Hulle het nie elke stryd gewen nie, maar wel die oorloë wat saak gemaak het. In 1928 het ‘n drie-en-dertigjarige man met die naam Paul Galvin alweer mislukking in die gesig gestaar. Op hierdie stadium het hy twee keer in die industrie misluk en sy mededingers het hom gedwing om sy jongste onderneming te sluit. Hy was egter oortuig dat hy steeds ‘n merkwaardige idee gehad het. Galvin het die veiling van sy eie besigheid bygewoon en met die $750 wat hy bymekaar kon skraap, die battery-uitskakelingsgedeelte van die voorraad teruggekoop. Daarmee het hy ‘n nuwe maatskappy gebou, een waarin hy geslaag het, een waaruit hy uiteindelik afgetree het en een wat ‘n huishoudelike naam geword het: Motorola. Roger von Oech het gesê: ‘Onthou die twee voordele van mislukking. Eerstens, as jy wel misluk, leer jy wat nie werk nie; en tweedens kry jy die geleentheid om ‘n nuwe benadering te probeer. Die meeste mense dink aan sukses en mislukking as teenoorgesteldes, maar hulle is albei produkte van dieselfde proses.’ Mislukking is vertraging, nie nederlaag nie. Ons maak almal foute, veral diegene wat optree en risiko’s neem. Dit is eers wanneer jy onwillig raak om te waag en om te misluk wat jy ophou leer, ophou groei, en ophou om sukses te behaal.
20 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min