Woord vir Vandag - 19 Julie 2025

Loading player...
“As jy aan God 'n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie...” Prediker 5:4 AFR83
Spandeer tyd alleen met God (3)
Wanneer die druk in jou lewe begin ophoop, sal jy in die eerste plek versoek word om jou stiltetyd met God, om te bid en sy Woord te lees, te laat vaar. Satan weet ook dat as hy jou van jou stiltetyd kan weerhou, hy die stryd gewen het en sal hy geen teenstand van jou kry nie. Hoe kan jy dus hierdie probleem oorkom? 1) Deur ‘n verbond met God te sluit. Dink daaroor: Hoekom ruil ons huweliksbeloftes uit? Sodat ons twee keer sal dink voor ons dit verbreek! Dieselfde geld vir jou alleentyd met God. ‘As jy aan God 'n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie…’ 2) Deur dit te skeduleer. Skeduleer elke dag tyd saam met God in jou dagboek, net soos jy met ‘n doktersafspraak of ‘n belangrike vergadering sal doen. Kan jy aan ‘n belangriker afspraak dink? Sekerlik nie! 3) Deur voorbereid op die duiwel se verskonings te wees. Dr Robert G. Lee het gereeld gesê: ‘As jy in die oggend opstaan en die duiwel nie direk in die gesig staar nie, beteken dit dat julle in dieselfde rigting op pad is!’ 4) Deur jou Bybel by die verse wat jy moreoggend wil lees, deur die nag oop te los. Wanneer jy wakker word, sal dit jou aan die belangrikste afspraak van die dag, naamlik om tyd met God te bestee, herinner. Wat as jy ‘n dag oorslaan? Moenie bekommerd wees en heeldag skuldig voel nie. Wanneer jy ‘n maaltyd oorslaan, hou jy mos nie heeltemal op om te eet nie. Dit beteken net dat jy bietjie meer by die volgende maaltyd eet en dan daarvandaan aanbeweeg.
18 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min