Woord vir Vandag - 18 Julie 2025

Loading player...
“O God, U is my God, ek soek na U, ek smag na U…” Psalm 63:2 NLV
Spandeer tyd alleen met God (2)
Dr Stephen Olford het gesê: ‘Ek wil God se stem in die oggend hoor voor ek enigiemand anders se stem hoor en sy stem is die laaste stem wat ek in die aand wil hoor.’ Of jy nou besluit om in die oggend of aand met God tyd te bestee, wees konsekwent. Maak ‘n afspraak met God en hou daarby. ‘Hoeveel tyd moet ek bestee?’ vra jy. 1) Begin met ‘n paar minute en laat dit groei. Moenie begin om twee uur lank stiltetyd te hou nie, dit sal jou ontmoedig. Jy sal meer herinneringe aan mislukking as herinneringe aan sukses skep. Jy moet hierdie verhouding, net soos enige ander verhouding, laat groei. 2) Moenie jou horlosie saamvat nie. Dit kan jou stiltetyd vinniger as enigiets anders ruïneer. Besluit hoeveel tyd jy aan God se Woord en gebed kan bestee – en hou dan daarby! Soms sal jy langer tyd wil bestee as wat jy beplan het en ander kere sal dit korter wees. Onthou, jy praat met die God van alle ewigheid; moenie Hom beledig deur aanhoudend na jou horlosie te kyk nie. Met God is kwaliteit belangriker as kwantiteit. Dis wat jy doen wanneer jy by Hom is wat belangrik is, ongeag of dit tien minute of ‘n uur is. 3) Kry ‘n spesiale plek. ‘Dié oggend het Abraham vroeg opgestaan en hom gehaas na die plek waar hy by die Here gestaan het’ (Genesis 19:27 NLV). Jou spesiale plek moet êrens wees waar jy hardop sonder skaamte kan bid, êrens waar jy gemaklik is. Moet dit net nie in die bed doen nie – dis te gemaklik! Soos die tyd aanstap, sal jou spesiale plek as gevolg van al die wonderlike tye wat jy daar saam met die Here bestee het, alles vir jou begin beteken.
17 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min