Woord vir Vandag - 17 Julie 2025

Loading player...
“…Jesus [het] opgestaan en alleen op ‘n stil plek gaan bid.” Markus 1:35 NLV
Spandeer tyd alleen met God (1)
Om geestelik te groei, moet jy tyd alleen met God bestee. Wanneer jy in sy teenwoordigheid kom, moet jy die volgende benadering hê: 1) Afwagting. Verwag om in julle tyd saam te gee en te ontvang. Maak dit ‘n tyd van intimiteit. Dis onmoontlik om ‘n liefdesverhouding in die openbaar te hê; intimiteit verg alleentyd saam met die een wat jy liefhet. Die Bybel praat van Christus as die bruidegom en ons as sy bruid (sien 2 Korintiërs 11:2). Dink aan die afwagting en opgewondenheid wat in sulke oomblikke gedeel word. 2) Eerbied. Moenie in God se teenwoordigheid inbars nie. Berei jou hart voor deur voor Hom stil te word en die stilte toe te laat om die gedagtes van die wêreld weg te vee. Herinner jouself wie jy ontmoet – God! Die Een wat waardig is ‘… om die hemelse heerlikheid en die eer en die mag te ontvang…’ (Openbaring 4:11 NLV). 3) Waaksaamheid. Gaan vroeg bed toe sodat jy op en wakker sal wees wanneer jy God in die oggend ontmoet. Hy verdien jou volle aandag. Gee aan Hom die beste deel van jou dag – wanneer jy die varsste is. Volg Christus se voorbeeld: ‘Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ‘n stil plek gaan bid.’ 4) Gewilligheid. Dit is van kardinale belang dat jy na jou stiltetyd toe kom met die doel om enigiets en alles te doen wat God wil hê jy moet doen. Johannes sê: ‘Wat ons ook al bid, kry ons van Hom omdat ons sy opdragte gehoorsaam en dié dinge in sy teenwoordigheid doen wat Hom bly maak’ (1 Johannes 3:22 NLV). Wanneer jy alleen saam met God is, besluit om dit wat Hy vir jou sê om te doen, met oorgawe te doen.
16 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min